View Full Version : Afrikaanse grappies
Nitty
30th July 2010, 12:30 PM
Twee groot wit haaie swem in die see en sien 'n skip wat sink.
"Volg my, seun" sê pappa haai vir sy seun en hulle swem tot by die
skip.
"Eers swem ons om die mense in die water met net die puntjies van ons
vinne wat wys"
En hulle doen dit.
"Knap gedaan, seun! Nou swem ons om hulle met ons hele vinne wat
wys."
En hulle doen dit.
"Nou eet ons almal."
En hulle doen dit.
Toe albei dik gevreet is, vra die seun, "Pa, hoekom het ons hulle
almal nie
sommer net van die begin af opgevreet nie? Hoekom moes ons al om hulle
swem?"
Sy wyse pa antwoord, "Want hulle proe beter sonder stront."
---------- Post added at 12:30 PM ---------- Previous post was at 12:21 PM ----------
Oupa sit op die stoep sonder sy broek. Sy kleinseun kom verby geloop
en vra geskok, “hoekom sit oupa kaal op die stoep?”.
Oupa staar in die verte in en sê, “laas week het ek sonder my hemp hier in die wind gesit en toe word my nek styf……. Hierdie is jou ouma se kak idée”.
Arbythep00nage
30th July 2010, 12:43 PM
Lol nitty! some prize stuff there!
Nitty
3rd August 2010, 09:20 AM
Nou die dag gaan koop ek 'n sak EPOL hondekos by Pick 'n Pay en terwyl
ek so in die ry staan, vra 'n vrou agter my of ek 'n hond het.
Sommer aspris, sê
ek vir haar: Nee, ek het nie 'n hond nie - ek begin weer met die EPOL
diëet.
Ek sien sy kyk my so snaaks aan, maar ek gaan aan: "Eintlik weet ek dat ek
nie weer op die diëet moet gaan nie, want laaskeer het ek in die hospitaal
beland - wakker geword in die intensiewe eenheid met pype wat uit elke
gaaitjie in my lyf kom . Maar ek het 22kg verloor en dit was die moeite
werd."
Ek vertel haar dat die EPOL diëet eintlik volledig voedsaam is met al die
vitamienes en minerale wat mens nodig het. En dis so maklik! Al wat jy
doen
is om jou broeksakke vol te maak met EPOL nuggets en jy eet een of twee
wanneer jy ookal honger voel.
Teen hierdie tyd luister al wat 'n persoon is na my storie - veral die ou
wat agter die vrou staan.
Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van
voedselvergifting.
Ek antwoord toe: "Nee, ek het in die straat gesit en my gat gelek, toe 'n
kar my raakry!"
EK DOG DIE OU AGTER HAAR KRY 'N HARTAANVAL VAN DIE LAG!
SIMPEL KOEI - VIR WIE HET SY GEDINK KOOP EK DIE HONDEKOS ?!
Flatty
4th August 2010, 04:53 AM
OK Nitty, you naughty girl, you've been on that rude Afrikaans site, haven't you? I'm sure I remember reading this last joke there, what's it called again?
Nitty
4th August 2010, 09:21 AM
:lol: Flatty, no I wasn't. You tell me so that I can also go there and have a laugh :)
Nitty
4th August 2010, 11:01 AM
I know this is old, but it's still funny:
2986
My result:
32% :eek:
TotalWar
4th August 2010, 11:07 AM
I find this Thread offensive to the non native afrikaanse speaking people. TG seems to be in a real good mood today maybe I can get him to add a auto translate to english tool on the site.
Damn, I am way to lazy to try and read this. :D
Nitty
4th August 2010, 11:11 AM
:sad: I thought you were my friend TW :chair:
TotalWar
4th August 2010, 11:25 AM
WOOT! 3 years and I finally got the chair.
Dit was 'n grap nie, ek is regtig jammer, maar ek is nie van plan om jou te laat voel maak my sleg is vir wat ek gesê het.
Damn, wag jy nou net gemaak my voel sleg.
Wow, that was bad. OK, so hear is an Afrikaans joke I know, I think it is bad but I do not know many. You can all be the critics.
Ek en my vrou Sonja was besig om aandete saam met haar ouers te eet, toe my skoonma kla oor die aantal kilogramme wat sy die afgelope paar jaar swaarder geword het. Ewe galant troos my skoonpa dat 'n mens swaarder behoort te word namate jy ouer word, sodat as iets gebeur, jy iets het om op terug te val. Sonja kyk na haar pa se bierpens en sê: 'Dit lyk asof Pa eerder beplan om vorentoe te val.'
WingNut
4th August 2010, 12:10 PM
I know this is old, but it's still funny:
2986
My result:
32% :eek:
Hahahahaha, 42%. Ek's 'n gomgat, maar ek steek dit goed weg, ek's meestal net kommin as niemand kyk nie! :rofl:
Dit was so hittette of ek was 'n werfetter!
Stool
4th August 2010, 12:32 PM
34% hehe
Als goed gegaan tot ek by die vraag uitgekom het :(
"Lek jy soms jou bord uit as niemand kyk nie?"
Voicy
4th August 2010, 12:57 PM
Hahahahaha, 42%. Ek's 'n gomgat, maar ek steek dit goed weg, ek's meestal net kommin as niemand kyk nie! :rofl:
Dit was so hittette of ek was 'n werfetter!
Whahaha Wingers, Ek's ook 42% skollie! :gyes:
TG
4th August 2010, 01:16 PM
42% :p
(Dankie Blinky)
Voicy
4th August 2010, 02:10 PM
42% :p
(Dankie Blinky)
TG, in your defense you probably only scored 2% gomgat'ness. The other 40% attributed to the fact that you live in Boksburg (or Benoni, I forget.) :p
Nitty
4th August 2010, 03:10 PM
TG, in your defense you probably only scored 2% gomgat'ness. The other 40% attributed to the fact that you live in Boksburg (or Benoni, I forget.) :p
You're just trying to attribute your other 40% to EL :gno:
And I'm glad you've all scored so nicely. No wonder I fit in so well here :thumbsup:
Flatty
4th August 2010, 03:20 PM
Werfetter - 52% - spandeer eerder jou drankgeld op jou kinders se opvoeding. Ek gee nie om nie, dis 'n dom toets. :p
Tresbien
4th August 2010, 04:33 PM
Also 52% :faint:
Flatty
4th August 2010, 05:32 PM
Also 52% :faint:
These other people lied, Tres ;) I mean, who hasn't farted in a hall & licked their plate when nobody was looking? :p
Gypsy
4th August 2010, 05:49 PM
Well 26%:woohoo: wonder what the hillbilly test would say hmmm:
Nitty
4th August 2010, 05:49 PM
I ticked those yes and I really only got 32% Flatty. I think you did some other things that you're not telling us about :wink:
Flatty
4th August 2010, 07:59 PM
I suppose I lost massive points for never having been to the State Theatre & some random other arb things that people who are Afrikaans obviously deem Kultuur-worthy, wat 'n mens lat kommin wees.
veer477
4th August 2010, 09:51 PM
Kwaailappies 37%
Voicy
4th August 2010, 11:32 PM
Kwaailappies 37%
Jy cheat jou wetter! Ek het jou al ontmoet, jy's 'n skurwe bliksem! Doen weer die toets oor of ek bel jou ma! :mad:
Gypsy
5th August 2010, 05:09 AM
I suppose I lost massive points for never having been to the State Theatre & some random other arb things that people who are Afrikaans obviously deem Kultuur-worthy, wat 'n mens lat kommin wees.
Ag shame Flatty dit is nie so erg nie :console: the only reason I ever got to the State Theatre was for a Spanish Dancing Group :p
Nitty
5th August 2010, 07:33 AM
Slaap julle nooit? :valkoog:
Flatty
5th August 2010, 10:36 AM
Does walking past the State Theatre count? I've been to the theatre in London - where's the question for that? I've been to a rave with 40,000 people, does that count as an outdoor festival?
Nitty, some people fall asleep VERY early & then come talk drivel here on the site when they wake up. ;)
Org
5th August 2010, 11:43 AM
Ek dink nie die toets werk so lekker nie ...
Kwaailappies! Jy's 12% Kommin!!
Jy is welopgevoed.
Was alle Afrikaners maar soos jy.
Nitty
5th August 2010, 12:33 PM
Ek dink nie die toets werk so lekker nie ...
Kwaailappies! Jy's 12% Kommin!!
Jy is welopgevoed.
Was alle Afrikaners maar soos jy.
Brag-gat :p
Vortex
5th August 2010, 01:04 PM
Also 52% :faint:
34% - Eish.. I wonder if life would have been easier if we had done this test about 10 years ago!
:rofl:
Flatty
5th August 2010, 01:07 PM
You see, AND we all know Org is mos kommin :p
Nitty
5th August 2010, 02:30 PM
34% - Eish.. I wonder if life would have been easier if we had done this test about 10 years ago!
:rofl:
It's the woes-rand in yous twos :p
Gypsy
5th August 2010, 05:57 PM
Nitty, some people fall asleep VERY early & then come talk drivel here on the site when they wake up. ;)[/QUOTE]
Flatty - its the only way I'm going to be able to beat you up these days :chair: should have tormented you more when you were 10 :jump:
Nitty
5th August 2010, 06:11 PM
:jawdrop: Gypsy stole my :chair:
Flatty, control your woman :p
Flatty
5th August 2010, 06:16 PM
Yeah, Gypsy - the chair is Nitty's & watch them quotes :p
Org
5th August 2010, 08:18 PM
Brag-gat :p
Los my uit - ek's welopgevoed :D
Tresbien
5th August 2010, 08:25 PM
It's the woes-rand in yous twos :p
Ja, It could be the Woes Rand's fault. Since I've been working in Rivonia, and I have been to the State theatre (on purpose - and had to explain the show to Vorty) I can't understand what went wrong - must be my purchasing of Die Huisgenoot - blame Blinky for starting me off there (thanks Steve for having a Bloedklont).
Could also be because I read this thread :shrug:
senorblinky
10th August 2010, 04:15 PM
I actually had a chat about the whole kommin afrikaner thing with an english colleague of mine.
I told her how embarrassed i was about certain aspects of my culture, and she said that there's a huge difference between an afrikaner... and a DUTCHman.
Thankfully, i'm not now, nor will i ever be, a dutchman.
Vortex
10th August 2010, 04:32 PM
Ja, It could be the Woes Rand's fault. Since I've been working in Rivonia, and I have been to the State theatre (on purpose - and had to explain the show to Vorty) I can't understand what went wrong - must be my purchasing of Die Huisgenoot - blame Blinky for starting me off there (thanks Steve for having a Bloedklont).
Could also be because I read this thread :shrug:
We've been to the State Theatre a few times but honestly - the 'Don Quixote' ballet and 'Cats' were low points..
Who in their right mind would prance about a stage in a leotard singing about a fish.. And there were NO windmills! Not one! :mad:
It also would have been useful to know that 'cats' was a collection of short poems, and not a story.. :gno:
Arbythep00nage
10th August 2010, 09:44 PM
Lol im 27% the going shopping without shoes bit and other Gonubie traits pulled me down stukkend :p
Oh and farting in public :D :D :D
Nitty
13th August 2010, 11:30 AM
'n Man strompel by die hospitaal in met harsingskudding, verskeie
kneuswonde, twee blou oe en 'n vyfyster netjies om sy keel gevou.
Natuurlik wil die dokter weet wat gebeur het.
"Wel," se die man, "ek en my vrou het gholf gespeel, en ons albei het
ons houe skeef getrek tussen 'n klomp weiende koeie in. Terwyl ons na ons
balle soek, sien ek een van die koeie het iets wits in haar agterent.
"Ek het nader gestap, haar stert gelig en jou wrintie, daar sit my vrou
se gholfbal netjies ingeplant.
"Terwyl ek steeds die koei se stert in die lug hou, het ek vir my
vrou geskree:
'Haai liefie, dit lyk soos joune!'
"Ek onthou nie veel van wat daarna gebeur het nie "
Org
13th August 2010, 02:52 PM
:o
Gypsy
13th August 2010, 07:03 PM
Nitty I apologise I just saw the post - sorry but that chair of yours just looked like the best thing to hit Flatty with, I could hear the solid whack sound effects :D won't steal it again but it felt good :D to hit him with it, can't I have one with a coffee cup flying through the air mmmm :)
Gypsy
25th August 2010, 05:40 PM
Koos kom by die bar uitgestap en is heel wankelrig van te veel fles vat en hy speck 'n non aangestap kom.
Hy hardloop op haar af en gee haar een oorverdoende klap.
Toe sy op die grond lê en ruk tune hy: "Ja, toe glad nie so %!@$ sterk vanaand nie, nê Batman?
Nitty
25th August 2010, 05:49 PM
:rofl:
Sorry Gypsy, I meant to respond to your earlier post. If you behave really well, you may borrow my chair in future. But only on occassion. And only if you post funny stuff :wink:
Gypsy
25th August 2010, 06:14 PM
:hyper::hyper: Thanks Nitty mmm Flatty occasions he needs a chair over the head now and again I think :D thanks :D
Nitty
26th August 2010, 08:22 PM
3035
Nitty
27th August 2010, 10:27 AM
Die ontvanger besluit om ‘n oudit op Oupa te doen en dagvaar hom om die
belastingkantoor te besoek. Die ouditeur was glad nie verras toe Oupa se
prokureur hom vergesel nie. Die ouditeur sê, “Wel meneer, u het ‘n
uitspattige lewenstyl en geen voltydse betrekking nie, wat u verklaar deur
te beweer u wen baie geld met dobbel. Die belastingkantoor vind dit nie
geloofwaardig nie”
Ek is ‘n goeie dobbelaar en ek kan dit bewys sê Oupa. Wat van ‘n
demonstrasie?
Huiwerig sê die ouditeur, Nou maar goed.
Oupa sê, Ek wed jou ‘n duisend Rand ek kan my eie oog byt.
Die ouditeur dink ‘n oomblik. Dis ‘n weddenskap.
Oupa haal sy glasoog uit en byt dit, tot onsteltenis van die ouditeur.
Nou wed ek jou twee duisend Rand ek kan my ander oog ook byt.
Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, so hy neem die weddenskap.
Oupa haal sy valstande uit en byt sy ander oog.
Die verstomde ouditeur besef hy het pas drie duisend Rand verloor met Oupa
se prokureur as getuie, en hy raak senuagtig.
Wat van dubbel of niks? vra Oupa.
Ek wed jou ses duisend Rand dat ek dié kant van jou lessenaar kan staan en
in die snippermandjie aan die anderkant kan piepie sonder om ‘n druppel
tussenin te mors.
Die ouditeur is nou baie versigtig, maar hy bekyk die ou man en besluit
daar is nie ‘n manier wat hy so iets gaan regkry nie, en hy stem in.
Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning maar hy
kan nie die straal oor die lessenaar kry nie en piepie die hele lessenaar
papnat.
Die ouditeur spring van blydskap toe hy besef hy het ‘n verlies in ‘n
reuse wins omskep.
Oupa se prokureur laat sak sy kop al kermend in sy hande.
Is alles reg? vra die ouditeur.
Nee sê die prokureur, vanoggend het Oupa vir my gesê hy is gedagvaar vir
‘n oudit, en toe wed hy my vyf en twintig duisend Rand hy sal jou hele
lessenaar nat pis en jy sal verheug wees daaroor!
GeroW4lll
9th September 2010, 08:50 PM
The picture with the muscle-armed gul reminds me of a story that's been in my family for generations.
'n Man ry eendag langs 'n afgeleë plaaspad. Hy merk 'n stof wolkie wat in tru-spieël verskyn en al hoe groter word. Eindelik haal dit hom in en steek hom verby op 'n draai. In die verbygaan in die stofwolk kan hy nie lekker sien wat dit was nie, maar dit het taamlik klein gelyk. Hy ry al hoe vinniger maar kan nie byhou nie. Hy ry naderhand 120km/h op die grondpad en besef hy moet stadig of hy gaan 'n ongeluk maak. Net toe hy opgee merk hy wat dit ook al was wat hom verby gesteek het draai af by 'n plaas hek ver voor hom. Toe hy by die plaas kom, draai hy in en gaan klop aan by die huis. By vra die boer wat uit kom wat dit was wat hom so onder stof geloop het. En die boer vertel hom die storie: "Ek het 3 seuns. Elke Saterdag middag slag ons 'n hoender wat my vrou voorberei vir Sondag middagete. Elke Sondag is dit die selfde storie. Die seuns wil elkeen 'n hoenderboudjie hê, maar daar is net twee. Ons het al alles probeer maar dit veroorsaak slegte vriendskap tussen my seuns. Hulle moet beurte maak maar as een dalk nie by die huis is nie kry die ander meer as een beurt in 'n ry, en dan wil die seun wat oorgeslaan is ook weer meer as een beurt hê ten koste van die ander twee. Dit was aanvanklik net 'n broederlike rusie maar dit het later heeltemal hand uit geruk. Om die vrede te bewaar het ek eindelik besluit om 'n hoender te teel met 4 bene. Dan kan ek en elkeen van die seuns elke Sondag 'n hoender boutjie kry. Daardie wat jy sien verby kom het was een van my 4 been hoenders. Hulle hardloop verskriklik met daardie 4 bene." O reken die besoeker, en is die rusie nou op 'n end? Hoe proe daardie 4 hoenderboudjies?
"Wel" reken die boer, "ons weet nie, ons kon nog nooit een vang nie."
Nitty
10th September 2010, 10:45 AM
Twee meisie veldmuise sit elkeen met n pakkie kaaskrulle en praat oor hul kêrels.
Die een meisiemuis haal 'n foto van haar muiskêrel uit en wys dit vir haar vriendin.
Dis 'n pragtige seunmuis met donker strepe oor sy breë skouers.
“Sjoe, maar hy's nogal 'handsome'!", se die vriendin."Maar laat ek jou wys hoe my kêrel lyk", se sy terwyl sy 'n foto uit haar handsakkie haal.
"My donner, maar dis dan 'n vlermuis!" sê die ander vriendin verbaas.
Geskok gryp sy die foto terug, kyk daarna en roep uit:
"Die bliksem!!!! En hy vertel al die tyd vir my hy's 'n vlieënier......!!!!"
Nitty
14th September 2010, 04:48 PM
'n Vrou en haar skelmpie, 'n plaagbeheerbeampte op die dorp, is in die
middel van 'n vuurwarm vryery toe sy haar man by die huis hoor inkom.
"Gou" sę sy benoud, "klim in die klerekas!". Voordat die "exterminator"
beswaar kan maak, boender sy hom in die kas in en daar sit hy toe, sonder
'n draad klere aan.
Die vrou se man ruik wel lont toe hy die deurmekaar bed sien en hy begin
die huis deursoek. Kort voor lank kry hy die skelmpie in die kas.
"Wie de hel is jy?" bulder die man.
"Ek is van Gee Goggas Gas, 'n plaagbeheeronderneming" sę die man verleë.
"Wat maak jy hier?" vra die man.
Ek ondersoek 'n klagte van 'n kleremotplaag" dink die kęrel vinnig.
"En waar is jou klere?" vra die man.
Die ou kyk af na sy lyf en sę: "Sulke klein bliksempies....!!!!"
Nitty
18th September 2010, 07:29 PM
http://www.wargeeks.org/attachment.php?attachmentid=3096
http://www.wargeeks.org/attachment.php?attachmentid=3095
Stool
27th September 2010, 10:55 AM
Repost
Jannie vra vir Pietie eendag.. "Waar is n vrou se skande?"
Pietie is heel deurmekaar.. "Nee jong ek weet glad nie... Hoekom vra jy?"
Jannie: "Want elke oggend na ek laat uit was by die kroeg baklei my vrou met my oor dat ek haar in die skande steek "
Nitty
18th October 2010, 04:39 PM
Man kom aangeklam by die huis.
Vrou slaap oopmond in die bed.
Hy gooi twee panados in haar mond. Sy verstik haar amper dood.
Vrou...wat het jy in my mond gegooi?!
Man...twee panados...
Vrou...ek het dan nie hoofpyn nie.
Man...Dis wat ek wil hoor mamma. Dis wat ek wil hoor.
Nitty
20th October 2010, 04:37 PM
Hierdie een is oud, maar dis nogsteeds klassiek :D
'n Jong meisie is genooi vir aandete by haar nuwe kerel se ouers sodat hulle mekaar kan ontmoet en haar senuwees kriewel maar so effens. Met die intrapslag kom sy agter dat liefie se ouers nie heeltemaal ten gunste van die verhouding is nie en dit maak haar nog meer gespanne.
Aandete word bedien en die lot gaan sit aan tafel en kort voor lank kom sy agter dat haar maag grom en borrel juis omdat haar senuwees so op hol is en die blomkool en brocoli bredie maak dinge nog erger. Ten spyte van 'n moedige poging om die poep in te hou glip 'n dowwe "poef". Niks ernstig nie, maar hard genoeg vir almal aan tafel om te hoor. Nog voordat sy kan bloos, om verskoning vra of skaam kry sê liefie se pa met 'n ernstige stem "Wollie!" vir die poedel wat onder haar stoel le en slaap wat haar vreeslik verlig laat.
Kort voor lank voel sy die kompressie weer opbou en sonder om twee keer te dink laat los sy die poep, net soos om 'n arend weer vry te laat uit gevangenskap, wat die tafel laat vibreer. Met 'n nog ernstiger en kwaai stem skel pa weer "WOLLIE!" en sy moet haar beteul om nie sommer uit te bars van die lag nie. Met hierdie klas vryheid en 'n poedel wat elke keer die skuld kry laat sy haar poepol blom met die volgende poep. 'n Oordonderende gedreun en geween en gekners van tande wat die kristal kandelaar laat sidder en trillings in die wynglase veroorsaak.
Baie vererg slaan pa met sy vuis op die tafel:"F--IT WOLLIE!!! Kom onder daai stoel uit voor sy op jou kak!"
Voicy
21st October 2010, 01:28 PM
Agge nee man Nitty!
Amper verstik ek nou aan my peanut-botter broodjie!
Nitty
21st October 2010, 02:37 PM
:D
Gypsy
28th October 2010, 10:20 AM
'n Ma neem haar vyf-jaar-oue seuntjie saam bank toe.
Hulle staan agter 'n gesette vrou, deftig aangetrek. Na 'n rukkie se
geduldige wag sê die seuntjie:
'Sjoe, sy is vet!'
Die ma buig en fluister in die seuntjie se oor om nie so lelik te praat van
die tannie nie, en stil te bly.
'n Paar minute gaan verby en die seuntjie strek sy arms uit so wyd as hy
kan en sê: 'Haar boude is so breed!' Die vet vrou draai om en gluur na die
seuntjie.
Die ma fluister-raas kwaai in sy oor, dreig hom en sê aan hom om stil te
bly. Na 'n rukkie kom die groot dame voor in die tou. Op dieselfde oomblik
maak haar selfoon 'biep, biep, biep'.
Die seuntjie skree: 'Gee pad, sy gaan reverse!!'
Arbythep00nage
28th October 2010, 01:18 PM
Lol nitty!!1
Gypsy
4th November 2010, 08:33 PM
OUPA EN OUMA SE ANTWOORDMASJIEN
Goeie môre …. Ons is tans nie tuis nie, maar laat asseblief ‘n boodskap na die toon. As jy een van ons kinders is, druk die nommer kind wat jy is en druk dan een van die volgende nege opsies, sodat ons by ons terugkoms kan weet wat ons moet doen:
1. As ons die kleinkinders moet kom oppas, druk 2
2. As julle ons kar wil leen, druk 3
3. As julle wil hê ons moet julle klere was en stryk, druk 4
4. As julle wil hê dat die kleinkinders by ons moet kom slaap, druk 5
5. As julle wil hê dat ons die kinders by die skool moet gaan haal, druk 6
6. As julle wil hê dat ons vir julle ‘n maaltyd moet voorberei of dit by julle huis aflewer, druk 7
7. As julle hier wil kom eet, druk 8
8. As julle geld nodig het, druk 9
9. As julle ons vir ete gaan nooi, of ons teater toe wil vat, begin praat, ons luister.
Nitty
26th November 2010, 04:35 PM
Koos vat sy gesin KAAP toe.
Sy seun Jannie maak vriende met n coloured laaitie.
“Jy is seker n Local” vra Jannie, “want ek sien jou voor tande is uit?”
Die coloured sien Jannie se braces in sy mond en vra, “en Jy is seker van Gauteng né?”
“Hoe het jy dit geweet” vra Jannie
"Want ek sien jy het Burglar Bars In Jou Bek"
Nitty
17th December 2010, 12:55 PM
Plaaswerf se dinge.........
Ek sit laat agtermiddag op die stoep - yskoue Castle in die hand, die mal rifrug van my jaag tarentale wat hoenderkos wil steel, vroulief is besig om ñ rooibokboud (het heel toevallig voor die bakkie ingeloop; julle weet mos) in die oond te druk, toe ek amper die bottel insluk na ñ moerske slag en gil van agter die waenhuis.
Die rifrug skrik homself in ñ ander bloedgroep in, vroulief gee ñ gil wat die dode kan wek, my trotse haan val hom des moers van sy stok en ek mors van die kosbare koudheid.
Kom my jongste knaap om die waenhuishoek gehol met ñ stofstreep agter hom aan, spoegslierte om die mondhoeke, skreeuend van ver af: "Pa moet gou kom, hier het ñ lelike ding gebeur!!"
Ek storm soos ñ wafferse voorspeler die trappe af, slaat oor ons werfkat neer, spring op - so in die verbygaan skop ek die arme kat amper in ñ gehoortoestelletjie in - en gryp my seun aan die skouers. Die hond raak verbouereerd, gryp my aan die broek. Vroulief, pan in die hand - minus die boud - storm my uit die pad, slaat die hond vir ñ ses met die pan, gryp my seun by my en hyg:
"Is jy oraait? Het jy seergekry?"
"Nee, Ma!" met so ñ vriesbrand stemmetjie, "Dis Jakobus, Ma, hy het die longdrop opgeblaas."
Nou moet ek eers verduidelik: agter die waenhuis het ons ñ longdrop gebou vir die werkers, vat te veel tyd as hulle eers kaias toe moet loop vir die dinge van die natuur; dinge kan partykeer jaerig raak so met die werk en eet saam. Veral vir Jakobus, my butler, soos ek hom noem.
"Is Jakobus oraait? Leef hy?" hyg skreeu vroulief met ñ aamborstige Gunston-stem. Nie dat vroulief enigsins rook nie.
"Ja, Ma, hy't ñ vuurhoutjie in die skag afgegooi terwyl hy op die troon gesit het, Ma! Sy kroonjuwele en exhaust is geskroei, Ma!"
"Swerwer, gaan kyk of die man nie dood is nie," word ek beveel.
Nou met vroulief praat jy nie teë nie, veral as haar stemmetjie so ñ oktaaf styg.
So staat ek en kyk na Jakobus se agterent en juwele, hy gebukkend, toe Dominee skielik om die hoek kom. Was so beïndruk met die werkinge van metaangas dat ek nie die motor hoor stop het nie.
"En nou, broer?" wil Dominee met ñ skok in sy stem weet.
Ek skrik my amper bo-op Jakob se rug en probeer terselfdertyd sy broek optrek. Hy brul en gil van die pyn en probeer uit die broek ontsnap.
"Nee, Dominee, man, gee bietjie hand, Jakob wil nie stilstaan nie," hyg ek uitasem.
Dominee ruk hom om, marsjeer stywebeen en baaaaie vinnig terug na sy motor. Ek staan vasgevang tussen Jakobus se pyn en Dominee se gedagtes.
"Te dinges met jou, Dominee," dink ek by myself en trek weer Jakobus se broek af. Met dié draai Dominee om en sy mond gaan oop om iets te sê, maar geen woord kom uit by die aanskoue van die af broek. Hy staat en gaap-gaap soos ñ vis op droë grond voor hy homself in sy motor boender en met skreeuende bande wegtrek.
Intussen het Jakob homself uit sy broek bevry en daar gaat die man op loop reguit na sy kaia toe. Sy vrou het hom op ñ afstand sien aankom, vasgesteek, en weer gekyk, ñ smile op haar gesig gekry en begin om haar bloes los te knoop. (Ek het eers later by Jakob verneem hulle was teen daardie tyd al twee weke nie op "speaking terms" gewees nie.)
Toe Jakob die deur langs haar ingedraf kom, gee sy hom ñ speelse klap op die boud, op die eina. Die man pak ñ paar Dunlop-briekmerke teen die grond vas, swaai om en maak vir die sementdam.
In die hardloop besluit Boel, my rifrug, hierdie is ñ lekker speletjie en hap speels aan Jakob se alie. Jakob trek sy twee boude inmekaar soos ñ uitgedroogde lemoen en duik vir die dam, saligheid klaar op sy gesig, maar ongelukkig skuur sy twaksak teen die damwal. Borrels met onaardse geluide binne vasgevang bars bo die oppervlak uit.
Al wat Jakob uitkry met sy kop bo die water: "Jo-jo, nooit ek hy poep weer!!"
Kyk, die ding tussen my, Jakob en dominee het geloop pla. ñ Anderse soort branderigheid hierbinne waar jy nie vatplek kan kry nie, toe gaat maak ek die saak met dominee reg. Hom mooi verduidelik van die omstandighede en gebeure.
Daarna was dominee saf, maar ook nie te saf nie, wou nooit weer alleen saam met my iewers heen ry nie, en by die kerkbasaar het hy mevrou Dominee altyd styf onder sy arm vasgeknyp as ek sou nader staan. Ek dink ook nie dit het gehelp toe ek na maande weer my gesig in die kerk wys, en my seun wat van Amerika besoek, sy oë op die Nagmaaltafel gerig, kliphard laat hoor het: "Jis, pa, ek hou van dié kerk, hulle het shooters!"
Nitty
21st December 2010, 04:11 PM
Daar was 'n boemelaar, hy het elke dag Castles gedrink en dan gaan slaap hy in die parkie. Een dag stap twee moffies verby en se: " Oooh kyk hierdie seksie ding", Hulle besluit hulle gaan bietjie 'speel' met hom. Hulle doen die ding en stop R10 in sy hand. Volgende dag word hy wakker en siendie R10, stap bottelstoor toe en koop nog Castles. Hy slaap en hier kom die twee moffies weer verby: "Oohh, hiers die seksie ou weer" Hulle doen die 'ding' en stop R20 in sy hand. Die dag toe hy R30 kry, stap hy bottelstoor toe en hy vra vir die Winkelier om hom asb. Black labels te gee. Die man se vir hom "Maar jy drink dan altyd Castle ?" Hy se "Ja, maar Castle laat my hol brand!!"
Badapple
21st December 2010, 04:42 PM
o.O
Nitty
24th January 2011, 07:56 AM
Die een is baie kleurvol (met ander woorde hulle vloek :p)
Opstel oor arm wees
Imagine as jy 'n onderwyser is en jy kry so 'n opstel van een van jou leerders:
Arm, Armer, Moer-arm
Ons was moer-arm. Agt kinders. Daai tyd was ek in Std 2 en moes ons van daai glas bottelkies gom met die rooi proppie en rooi kwassie hê vir skool. My Ma het amper flou geval toe ek haar vra vir gom. "Waar dink hulle moet ons die geld vandaan kry?"
Maar natuurlik - 'n Boer maak 'n plan. En Ma was nie stupid nie. Sy kon tot gom maak. Ruk daar flour uit, gooi suiker by en kook die spul op die stoof. Ek staan eenkant, baie impressed met my slim Ma. Laat dit toe effens afkoel en sit dit in 'n ou NCR Yeast Blikkie wat so bietjie verblyk was.
Ek was die enigste kind met 'n Yeast Blikkie op my tafel. Al die ander kinders het die regte bottelkies gom gehad. Ek het nie baie omgegee nie, want my gom was baie beter as hulle sin en het geplak soos Superglue nie kan plak nie!
So drie weke later, terwyl die biesies buite bewe van die hitte, sit ons klas in doodse stilte, besig met eksamen. Fokkit mense, een moerse ontploffing ruk die hele skool tot aandag.
Daar trek my donnerse blikkie se deksel en hy agterna tot teenaan die sielieng. Dis net gom wat neerkom op ons soos 'n donnerstorm! Alles is wit.
En dit stink ongelooflik - suurhol se moses! Ek't nog nooit iets in my hele lewe geruik wat so gestink het nie. Die Juffrou se brille is vol gom. Haar hare spierwit. Dit drup van haar af asof sy in 'n shower staan. Tot in haar kliewitch by haar tieties. Ek kon nie glo dat sy soos 'n beeld lyk nie.
Oral waar ek kyk in die klas is almal faaktap van die gom. Almal is wit en gil van die skrik. Ons boeke is faaktap. Ons klere is faaktap. Ons stink faaktap.
Juffrou wip toe haar gat en jaag ons almal uit en sê ons kan maar huis toe gaan. Van die kinders wat bus gery het se gom het goed drooggeword van al die gewag. Ek was woedend toe ek by die huis kom. My Ma het gedink dis 'n moerse grap en het haar dinges amper geskeur van die lag toe sy my sien EN ruik.
Die klaskamer moes uitgeverf word om van die suurholreuk ontslae te raak,maar ons kon dit nog vir weke dwarsdeur daai PVA ruik.
Ek was glad nie gewild nie. Niemand wou eers meer met my speel nie...
Dis nou wat gebeur as jy Moer-arm is!
Nitty
15th February 2011, 09:39 PM
Hierdie een mag iemand dwars in die krop steek, maar ek lag nou nog!
http://wargeeks.org/attachment.php?attachmentid=3450&d=1297798668
Nitty
18th February 2011, 09:15 AM
Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag. Op die plaas aangekom, sê hy vir liefie om links teen die rivier af te loop, dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer vir mekaar onder by die hoof hek ontmoet.
So gesê, so gedaan. Hy het skaars tussen die bosse ingeloop, toe hy drie skote kort opmekaar hoor klap.
Hy hardloop valval terug na waar die stofwolk bo die doringbome hang. So deur die stof sien hy haar vaagweg en dit lyk op ‘n afstand kompleet of sy haar eerste epileptiese aanval beleef. Toe die stof effens gaan lê kry hy haar vir die eerste keer mooi gesien. Sy loop-val-storm in ‘n klein sirkel, soos ‘n rot wat te min gif ingekry het, en sy praat onophoudelik op een van daai bloedstollende toonhoogtes wat uit paniekbevange desperaatheid gebore is. Tussen die gekraak van die takke deur kom hy agter sy is in ‘n m---se argument met ‘n ander man betrokke en die kragwoorde rol die een na die ander en sonder veel moeite tussen die twee lae stowwerige rooi lipstick deur.
"Meneer, dit is my Kudu die! Ek het hom eerste gesien. Jy kan die drie gate in sy kop meet. Dit was MY koeëls!” gil sy terwyl sy die 30-06 se loop roekeloos deur die tonnels in die stomme dier se skedel druk om te demonstreer.
"Goed mevrou, bedaar net!” sê die man vir die swaar gewapende en totaal histeriese vrouejagter. Ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan maar die KUDU vir jou. “Gee jy om om net jou safety op jou geweer te sit terwyl ek my saal en toom van jou kudu afhaal?!?!?!”
TotalWar
18th February 2011, 02:09 PM
I only have one thing to say.
LOST IN TRANSLATION. :shrug:
senorblinky
18th February 2011, 02:39 PM
I would love to translate the entire thing for you, but it just won't do justice to the beautiful use of Afrikaans in the story.
Here is the basic synopsis:
Husband is a hunter, wife isn't
Wife decides to join hubby, gets mad kit
Both go on a hunt, start tracking in different directions
Husband hears a few shots and runs to his wife
Wife is in a screaming match with another Guy, telling him that it's HER kudu and he had no rights to it
Guy tells wife she can keep HER kudu, just allow him the opportunity to retrieve his saddle and bit
Nitty
18th February 2011, 02:51 PM
Niemand het gelag vir my miskruier grappie nie :sad:
Flatty
18th February 2011, 02:55 PM
I would love to translate the entire thing for you, but it just won't do justice to the beautiful use of Afrikaans in the story.
Here is the basic synopsis:
Husband is a hunter, wife isn't
Wife decides to join hubby, gets mad kit
Both go on a hunt, start tracking in different directions
Husband hears a few shots and runs to his wife
Wife is in a screaming match with another Guy, telling him that it's HER kudu and he had no rights to it
Guy tells wife she can keep HER kudu, just allow him the opportunity to retrieve his saddle and bit
You missed the most important bit, Blinks - she was a hysterical woman with a GUN, who's going to argue with THAT? :p
Badapple
18th February 2011, 02:58 PM
Chrome's translation (asked if I would like to translate page - so I clicked yes):
The guy regularly hunt and his wife should always stay home. She decided to tell her a gun to buy and went to go hunting. On the farm arrived, he said to honey to the left along the river walk, then run it right at the river. They will turn to each other at the main gate meet.
So said, so done. He hardly among the bushes walked when he was three shots together soon heard slapping.
He ran valval back to where the dust cloud above the thorn trees hanging. So by the dust and saw her vaguely, and it looks from a distance as if she had her first epileptic attack experience. When the dust settles a bit got her for the first time nice view. She walked fall storm in a small circle, like a rat who lack swallowed poison, and she talks constantly on one of those thrilling pitch from panicked desperation born. Between the crashing of the branches through he discovered she was in a m ---'s argument with another man involved and the power words roll one after another without much trouble between the two layers of dusty red lipstick door.
"Sir, this is my Kudu that I did him first seen. You can use the three holes in his head measured. It was my bullets!" She yelled as she's 30-06 run recklessly through the tunnels in the dumb animal cranial pressure to demonstrate.
"Alright ma'am, calm down only!" Says the man for the heavily armed and totally hysterical woman hunter. I go on with your quarrel, take it but KUDU for you. "Do you mind just your safety on your gun down while my saddle and bridle your Kudu collection ?!?!?!"
TotalWar
22nd February 2011, 10:24 AM
This thread should be AKA as the Nitty thread. :p
Anyway, as I mentioned earlier. Lost in translation. It just takes me a bit of time to read through it. Afrikaans is not my first language, in fact it is not even my second.
senorblinky
22nd February 2011, 02:01 PM
The you're in the appropriate thread, your presence here makes tons of sense. :grouphug:
TotalWar
22nd February 2011, 04:11 PM
Fine, ek sal net verlaat en nooit weer terug kom. :p
senorblinky
22nd February 2011, 05:31 PM
Hahahahahaha! Brilliant!
Moenie ons verlaat nie :sadpanda:
Nitty
30th March 2011, 02:39 PM
Seun se vir Pa: “Pappa daar’s so oukie by die skool wat se ek’s gay”.
“nou moer hom!!!” se die Pa.
Die seuntjie antwoord: “maar hy’s so cute!”
Nitty
4th April 2011, 03:19 PM
Kinders se vraestel antwoorde, dis nou lekker Afrikaans !!
* Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie almal van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het 'n plan uitgewerk.
* Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed dat jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.
* Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon en het waterbeurte gehad van die min reën.. Die klimaat was so erg dat al die inwoners op ander plekke gebly het, en net naweke huistoe gekom het om sandkastele te bou. Die boesmans het in hulle tuine gewerk.
* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.
* Die Egiptenare was 'n hoogs gekulde volk en sonder hulle sou ons nie 'n geskiedenis gehad het nie. Hulle het omtrent al die kafees in Egipte gehad. My ma sê hulle het baie mites gehad wat seker in die kombuis gewerk het.
* Demokrates was 'n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense raad gegee het.. Hy is dood omdat hy verskriklik oordosis of so iets. Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.
* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol geswaai, en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat daar niks anders was om te jump nie.
* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf. Hulle het haar met 'n blaasbalk aan die brand gepomp, tot haar hare afrou geraak het van skrik.
* Koningin Elizabeth was die "Maagdekoningin". As 'n koningin was sy 'n sukses, maar nie as 'n maagd nie. Sy het haar volk se probleme aangetrek. En was altyd mooi geklee.
* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg het die wynpers uitgevind. Hy het die slaweklokke gelui deur dit in die wynpers vas te draai dat die wyn spat.
* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare. Hy is in die jaar 1564 gebore en die geskiedkundige mense dink dit was op sy verjaardag.
Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomie geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.
* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword. Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n maagd was en hy is gebore in 'n houthut wat hy met sy eie hande gebou het in die franse evolusie.
* Johann Sebastiaan Bach het baie komposisies geken en het so ook baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die beroemdste komponis in die wêreld, amper soos HÃndel. HÃndel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs gepraat het.
* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was so doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy ma hom Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste bad heelwat verander.
* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het opgehou om met die hand te reproduseer en met toestelle begin reproduseer.
* Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van riviere laat ontstaan, waarna die mense gevlug het as die water te warm raak van die stoom wat afgeblaas word.
* Die Toekoek is 'n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.
* Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van hulle buig.
* 'n Sirkel is 'n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end. Daarom is dit moeilik om sy end te kry, voordat jy dronk word.
* Die maan is 'n planeet net soos die aarde. Daar bly net een man wat baie gelukkig is. Een keer 'n jaar raak sy koeie mal en spring oor die maan.
* Vegatiewe voortplanting is 'n proses waarin een individu per ongeluk 'n ander individu vervaardig waarop net die ouma trots is.
* Koolstofmonoksied is 'n reuklose gas wat verskriklik stink.
* Peter Stuyfgestaan is 'n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook. Hy het so baie gerook dat die niekoetien-kolle in sy onderbroek duidelik sigbaar was.
Org
4th April 2011, 05:02 PM
Ek het so gelag dat ek nou eintlik maagpyn het :rofl:
Nitty
4th April 2011, 05:17 PM
Dis nou hoekom ek nie 'n onderwyseres is nie. Ek sou daai kinders 'n paar vet klappe gegee het :wink: Gelukkig is dit snaaks as 'n mens hier sit :)
GeroW4lll
4th April 2011, 08:46 PM
Meeste van hulle is mense op wie net die ouma trots is.
Org
6th April 2011, 03:32 PM
Oom Koos van die Oos Transvaal besit sy plasie nou al vir donkiejare.
Skuins agter die Bloekombome het hy destyds vir sy kinders die plaasdam in 'n swemplek omskep en goed ingerig, met piekniektafels, braaigeriewe en vrugtebome.
Een aand, so skemer se kant, besluit Oom Koos, in sy eensaamheid, om bietjie daar by die dam te gaan sit en pyprook. Hy neem toe ook 'n emmer saam om 'n paar van die vrugte terug te neem huis toe.
Soos wat hy aangestap kom, hoor hy vrolike stemme gesels en giggel. Hy val plat agter 'n bos en loer deur die takke om te sien wat aangaan. Tot sy swak hart beleef hy 'n groep kaal meisies wat in die dam swem. Hy staan toe op en stap nader om die meisies te laat weet hulle betree eintlik 'n ander man se eiendom. Toe hulle hom sien, sak hulle almal laer af, sodat die water die nodige toemaak.
Een van die meisies skreeu benoud op die oom:
"Ons klim nie uit voor oom nie weggaan nie!"
"Nee, nee, bedaar niggie, ek is nie hier om te kyk hoe die spulletjie van julle kaal swem nie......"
Hy hou die emmer omhoog en sê:
"Ek is net gou hier om die krokodil kos te gee.................."
Nitty
6th April 2011, 07:10 PM
Ek dink oom Koos se naam moet wees oom Blinky :wink:
senorblinky
7th April 2011, 12:06 PM
Haha, Oom Blinky het juis vir oom Org rep gegee vir daai grappie :D
Nitty
7th April 2011, 12:14 PM
Ek ken jou te goed :D
Arbythep00nage
8th April 2011, 10:29 AM
Niemand het gelag vir my miskruier grappie nie :sad:
I lol'd it was funny stuff.
Nitty
8th April 2011, 12:15 PM
:woot: So glad there's life in the Afrikaans thread other than me :banana:
Nitty
8th April 2011, 07:21 PM
Hierdie's is vrek snaaks! Veral die laaste een :rofl:
3557
3558
3559
Stool
11th April 2011, 05:50 PM
Die kulkunstenaar Martino:-
Die allemintige Martino soek sy heil op 'n plesierboort.
Daar is elke week 'n nuwe audience so hy doen al sy ou trieks oor en oor.
Daar is egter een haakplek: Die kaptein se papegaai kyk elke week die
kat uit die boom uit en begin toe later agter die kap van byl kom.
Toe hy nou begin verstaan hoe Martino die mense 'n rat voor die oë draai, begin hy
in die middel van die show skree: " Spekkit dis 'n anner hoed", of "check
die blomme is onne die tafel",of "jis-jis hoesit dat allie kaarte ace of
spades is?" en so aan.
Natuurlik is Martino hoogs die moer in, maar wat kan hy nou maak. Dis
immers die kaptein se geveerde vriend.
Soos die lewe ook maar is sink die boot toe eendag en dis Martino se lot
om saam met die papegaai op 'n stuk hout in die middel van oseaan te
beland.
Die twee het mekaar GE-eye, maar niks gesê. So gaan die een dag na die
Ander verby. Na die vierde dag konnie papegaai nie meer nie.
"Right, ek gee op, waar is die fokken boot?"
Badapple
13th April 2011, 10:10 AM
OK, I are having one joke in Afrikaans too:
Has one or two bad words:
Hoe dik is jou bierbrille?
By griffin | Published: April 11, 2011
Jy het 13 biere in jou lyf. By die bar koop jy vir jou en jou tjommies 'n klomp shooters. Elke naweek volg julle dieselfde modus operandi. Raak dronk en probeer cherries impress met dans moves by Droppas. Julle het die laaste twee jaar nog fokol gescore.
Eye of The Tiger gooi hard oor die speakers. Jy doen een van daai powerslides op jou kniee oor die dansvloer terwyl jy nog 'n shooter in jou keel afgooi. Jissis, die move werk presies uit. Die befokste synchronization ooit! Jy maak so paar spastiese air guitar moves op die beat soos jy weer op jou voete kom en verder uitfok op die beat soos iemand wat met stokke geslaan word tydens 'n kangaroo court session in die townships. Jou tjommies join. Almal gooi air guitar en headbang hulle 3 sentimeter kuiwe. Open E op die guitar het nog nooit so complicated gelyk nie. Julle is befok.
Jy sien net tekkies, belt buckles, wit hemde en jeanpant. Almal dans en jy spot 'n witwarm blonde in 'n kort skirt. Sy glimlag vir jou. Sonder om jouself voor te stel gryp jy haar vir 'n close-dans, want een of ander lame Aerosmith balad het begin speel. Die disco ligte draai stadig oor die houtvloer en jy brei haar boude asof jy deeg moet regkry vir Albany se broodfabriek. Jy gaan gaan in vir die score en wurg jou tong in haar mond in. Sy proe soos asbak, maar jy voel 'n fok. 'n Score is 'n score en jy begin 'n vet boner kry. Jy hoor hoe jou tjommies skree. Jy vermoed hulle cheer jou aan…
Dis 'n aand wat jy nooit sal vergeet nie, maak nie saak hoe dronk jy was nie…
Want een of ander poes het foto's geneem – van jou in mid-aksie met jou cherrie in haar skirt. Jou cherrie met die mooiste adamsappel...
And for the Afrikaans challenged:
Afrikaans to English translation (thanks Google) - How thick are your Beer Goggles?
You have 13 beers in your body. At the bar you buy for you and your buddies a bunch of shooters. Every weekend you follow the same modus operandi. Get drunk and try to impress Cherries with dance moves to Droppas. You have the last two years have fuck gescore. (this should be: You have scored fuckall over the past two years)
Eye of the Tiger throw hard on speakers. You can do one of those powerslides on your knees on the dance floor while still a shooter in your throat throw. Jissis the move works out exactly. The synchronization befokste ever! You make so few spastic air guitar moves to the beat as you turn on your feet come and go uitfok on the beat like someone beaten with rods at a kangaroo court session in the townships. Your buddies join.Everyone throws air guitar and head bang their 3 inches fringes. Open E on the guitar has never been so complicated equal. You are befok.
You see only sneakers, belt buckles, white shirts and jeanpant. Everybody dance and you spot a sizzling blonde in a short skirt. She smiled at you. Without limiting yourself to suggest you take her for a close-dance for some lame Aerosmith Balad started playing.The disco lights turn slowly on the wooden floor and you'll extend her butt as if you should succeed dough for Albany's bread factory. You're going to go in for the score and strangle your tongue in her mouth. She tasted like ashtray, but you feel a jib. A score is a score and you begin a fat boner gets. You hear your buddies screaming. You suspect they cheer you up ...
It's a night you will never forget, no matter how drunk you were ...
For some cat had taken pictures - of you in mid-action with your Cherrie her skirt. Your Cherrie with beautiful Adam's apple ...
…
http://wargeeks.org/attachment.php?attachmentid=3659&d=1302681957
http://wargeeks.org/attachment.php?attachmentid=3656&d=1302681950
I love his expression when he discovers there may be a problem here:
http://wargeeks.org/attachment.php?attachmentid=3660&d=1302681960
http://wargeeks.org/attachment.php?attachmentid=3655&d=1302681950
Bit of explaining....
http://wargeeks.org/attachment.php?attachmentid=3657&d=1302681952
http://wargeeks.org/attachment.php?attachmentid=3658&d=1302681955
senorblinky
13th April 2011, 10:24 AM
Ja, if you wanna be dumb, you've gotta be tough.
Jono
13th April 2011, 10:46 AM
:rofl: koppie dom is moet lyfie maar suffer. :D
Nitty
13th April 2011, 06:46 PM
Very funny Apple :thumbsup:
WingNut
15th April 2011, 08:12 AM
Hahaha, that actually looks like Dropzone!
And MegaLOL at Google who reckons a cat took the picture :roffel:
Nitty
27th May 2011, 04:59 PM
* DIE * *INGELSMAN…*
Sommer met die intrapslag hou ek niks van die
Ingelsman wat my kleindogter hier by ons kom
aansleep nie. Vir weke al sien ons uit na haar
kuiertjie uit London en aan die begin kon ons
nie fout sien, dat sy nou haar Ingelse boyfriendjie
wou saamnooi op ‘n onvergeetlike toer saam
met Oupa en Ouma deur die Kruger Wildtuin
nie.
Uiterlik nie ‘n onaangename seun nie, maar toe
die bleeksiel sy bek oopmaak en my met
“Hello Gramps” groet, is my moer klaar suur.
Sulke voorbarige vermetelheid.
Met die pap handjie waarmee hy bladskud,
skud ek hom amper uit sy oorbel en hy het
reeds een verloor.
Maar opgedress vir die okkasie hoor.
Leerstewels wat amper tot by sy knieë kom,
sy khakibroek al die pad ingedruk. Met sy dik
belt se gespe sal mens ‘n olifant met twee houe
kan doodslaan.
Wat die man als gelees het oor Suid-Afrika
weet ek nie, maar aan die belt is ‘n waterbottel,
‘n mes wat amper sy stewels raak, ‘n moon-bag
met ‘n rooi kruis op en een van daai kanariegeel
selfone met die baie knoppies.
Die man dra ‘n swart t-shirt wat sê rook is verbode
en iets van die aardbol wat warm word.
Maar ek weet, die Wildtuin is nie speletjies
oor Desember nie. Warm gaan die man beslis
warm kry en rook gaan ek beslis rook, al het
Kleinpop my agteraf gewaarsku dat die man
so bietjie opgewonde oor tabakgebruik kan raak.
Die man is goed in tale ook. Al drie Afrikaanse
woorde by Kleinpop geleer. ‘Dankie, kak en lekka.’
Alles is kak of lekka. Kleinpop is lekka. Ons paaie is kak.
Die son is kak. Ouma se koeksisters is lekka.
Vreeslik puntenerig oor kos ook, die mannetjie.
Eet nie vleis nie, eet nie dit nie, eet nie dat nie, daai moet
eers gekook word voor hy sal drink ens, ens.
Ek kon dit nog vat toe die man iets van “kak SUV” sê
toe hy in die kombi klim, maar toe die man “kak music”
op my Klipwerf mompel, steek ek summier my pyp op.
Sommer so in die ry, soos ek altyd maak.
Kleinpop probeer nog verbouereerd keer, maar Oupa
leer die man nog bietjie Afrikaans:
“Fok jou, in my *van* rook ek, broer.”
Die man leer vinnig en maak sy eie Afrikaanse
kombinasies:
“Fok, this rook is lekka kak, dankie.”
Maar met ‘n man wat nie vleis eet nie, gaan dit maar
lekka kak in die wildtuin. Teen dag drie is die man se
slaaiblare wat hy in Phalaborwa se Spar gekoop het
al heel vrot. Sy dieet bestaan uit Ouma se padkos-
koekisters, Nik-Naks en braaivleispap sonder sous.
Teen aand vier is hy honger genoeg om sy
vegetariese geloof te verloën. Natuurlik nie openlik
nie. Vang ek vir Kleinpop uit, toe sy ongemerk ‘n
tjop of drie na die man se tentjie toe smokkel.
Dag vyf ruik ons al vroegoggend vegetariese maag-
reaksies op vleis. Net mooi in die middel van nêrens
en op die dag se hitte kom klop die man op my
skouer hier voor in die kombi, so in die ry.
“I MUST go!” beduie die man na sy poephol - asof ek
nie lankal kon ruik wat hy wil doen nie.
Ek stop maar die kombi naby ‘n laagte boompies.
Dit is in elkgeval so warm, geen dier sal dit in die
omgewing waag nie.
“There,” beduie ek hom na die boompies.
“No ways!” protesteer die mannetjie toe.
Ek beduie vir die mannetjie in my beste Engels
dat daar “no ways” is dat hy verder my kombi se
binnelug met sy buikwinde gaan ontsier.
As hy nie nou sy ding gaan doen nie, gaan hy verder stap.
“Gee vir die man kakpapier,” beveel ek vir Kleinpop.
Die man weet nou al genoeg van Afrikaans om te smeek
“No, I want nice paper please!”
Soos iemand wat oor duwweltjies stap, benader die
Ingelsman sy natuurtoilet. Na ‘n rukkie verdwyn hy
agter die boompies Ons kyk maar almal versigtig in
die omgewing om die man darem betyds te waarsku,
sou daar dalk ongediertes nader sluip.
Nou een ding van die Wildtuin. As een kar stop, stop
almal agter hom om te kyk watse diere kyk die voorste
kar. Veral so op die middaghitte as daar min is om te
sien. Die Ingelsman het skaars gehurk, voor die Land
Rover agter ons stop. Die gesinnetjie bespied die
rigting wat ons kyk. Hulle wil ook sien wat ons sien.
Verkykers word uitgehaal. Nog voertuie stop.
Een ou klim uit met ‘n groot kamera op ‘n driepoot.
Nog karre stop. Na vyf minute lyk dit soos die
Dakar Rally wat wil afskop.
Groepies brawes staan teen die reëls orals buite hul
karre en kyk met lang lense. Party klim bo-op hul
voertuie se dakke vir ‘n beter uitsig.
Wild was besonders skaars hierdie jaar.
Nou of daar werklik een was, weet ek nie, miskien
was dit ‘n oorywerige verbeelding in ‘n desperate
soeke na diere. Maar toe die ou so ses karre van
ons af skree “Leeu, ek sien hom!” weet ek die Ingels-
man verstaan meer Afrikaans as wat ons gedink het.
Met al die mense wat so staan en kyk na die veld
agter hom, kry die kreet nog eerbaarheid ook.
Soos ‘n lus foksterriër wat hitte geruik het, peul die
man uit sy bostoilet uit en hardloop vir die kombi.
Die broek om die enkels laat die man so paar keer
pens en pootjies neerslaan, maar sy herstel is elke
keer merkwaardig. Sy roete na die eindpaal is een
stofbol soos die man beweeg.
By die kombi aangekom is die man se broek darem
min of meer heuphoogte, maar in die veld lê ‘n lang
mes en ‘n kanariegeel selfoon.
Die Ingelsman soek dit klaarblyklik nie terug nie.
Die konvooi karre agter ons, ry stadig verby, terwyl
die Ingelsman sy broek en asem op die regte plekke
kry.
Te oordeel aan die hoeters en gesigte het die mense
waarde vir geld in die wildtuin gekry.
Na die vakansie is Kleinpop heel uit haar Ingelsman
uit. Dié het sommer vroeg ‘n vlug London toe gevat.
Sy wil hom nie weer sien nie. Miskien was dit die
nagedagte aan die ongebruikte toiletpapier.
Miskien was dit die klein, bleek, swaaiende voorgedagte……
Gypsy
27th May 2011, 06:50 PM
Oh Nitty that it brilliant :)
WingNut
28th May 2011, 01:20 AM
Hahaha
“No, I want nice paper please!” Beste lyntjie uit die hele storie vir my
senorblinky
30th May 2011, 10:21 AM
Uistekend Nits!
Dit laat my dink aan die storie van die engelsman wat ingetrek langs die boer. Maar die engelsman se dogter en die boer se seun gooi vir mekaar flikkers so oor die hek, en kort voor lank is die twee uit op 'n date. Die boertjie nooi toe die engelsman om oor te kom, dat hulle saam op die stoep kan koffie drink en wag vir die twee om huis toe te kom. Maar hulle vat verewig, en so skuins voor 5uur die volgende oggend se die engelsman vir die die boer, "Ah, the dawn is nigh" waarop die boer reageer "Ja, ek weet die donners naai, ek weet net nie waar nie"
Nitty
31st May 2011, 01:22 PM
Twee Kypies sit en suip teen die muur buite Nuweland en die een vra toe aan die ander:
"Gatiep, wat sal djy doen as djy die lotto wen?"
"Nei": sê die ander. "Ek koep ieste vi my 'n wynlorrie en drink totdat ek omtiep, en dan koep ek somme die hiele Blou Bul Span"
"Djy koep die Blou Bul Span ...maar hoeko? ..."
"Djy wiet mos - as 'n man dronk is, koep djy enige k@k"
senorblinky
31st May 2011, 02:10 PM
Twee Kypies sit en suip teen die muur buite Nuweland en die een vra toe aan die ander:
"Gatiep, wat sal djy doen as djy die lotto wen?"
"Nei": sê die ander. "Ek koep ieste vi my 'n wynlorrie en drink totdat ek omtiep, en dan koep ek somme die hiele Blou Bul Span"
"Djy koep die Blou Bul Span ...maar hoeko? ..."
"Djy wiet mos - as 'n man dronk is, koep djy enige k@k"
Aan Nitty:
My suster, ek het onlangs daai grap aan 'n klomp mense vertel, toe is hulle ALMAL Blou Bulle en het glad nie gedink ek's snaaks nie...
/facepalm
Nitty
31st May 2011, 02:26 PM
Blinky, al wat ek kan se^ is jy moet jou audience ken! :D
Badapple
31st May 2011, 02:41 PM
blue bulls SUCK :p
senorblinky
31st May 2011, 03:24 PM
blue bulls SUCK :p
* senorblinky clears his throat
Hoekom se jy so, Appel?
Nitty
31st May 2011, 03:27 PM
:gno: Blinky!
Badapple
31st May 2011, 03:34 PM
cause I don't like ballet :p
---------- Post added at 03:34 PM ---------- Previous post was at 03:34 PM ----------
BLINKS!!! :sick: :rofl:
Nitty
2nd June 2011, 08:43 AM
HOE OM JOU KATJIE 'N PILLETJIE TE GEE (Die nuwe gekruide weergawe)
'N KORT HANDLEIDING IN 15 STAPPE: HOE OM JOU KATJIE 'N PILLETJIE TE GEE:
1. Plaas jou katjie in die buig van jou arm asof jy 'n klein baba vashou.
Sit jou regter wysvinger en duim aan beide kant van sy snoetjie en oefen
versigtig druk uit, terwyl jy die pil in die ander hand gereed hou.
Sodra jou katjie sy bekkie oop maak, gooi die pil in en gee die katjie die
geleentheid om dit af te sluk.
2. Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit.
Plaas die katjie weer in die ronding van jou arm en herhaal die proses.
3. Gaan haal die blêrrie kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die
drom.
4. Neem 'n nuwe pil uit die dosie, plaas weer die kat in jou arm, terwyl jy
beide voorpote stewig vashou. Forseer sy kake oop en druk die pil binne in
sy mond met jou regter wysvinger. Hou die kat se bek vir ten minste 10
tellings toe.
5. Haal die pil uit die visdam met die klein netjie en gaan haal die mal kat
bo van die kas af. Roep nou jou maat uit die tuin uit om jou te kom help.
6. Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou knieë vas, neem sy
pootjies in 'n baie stewige greep, ignoreer die harde gegrom. Laat jou maat
die kat se kop ferm vashou en dwing sy bek oop met 'n hout liniaal.
Gooi die pil via die liniaal in sy bek in en vryf jou kat se keel om sy
slukproses aan te moedig.
7. Haal die befokte kat van die gordyn-reling af en neem nog 'n pil uit die
dosie uit. Maak 'n aantekening om 'n nuwe liniaal te koop en ook om die
gordyne te laat regmaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies
en potte op sodat jy dit later kan weggooi.
8. Draai die blasende kat in 'n groot handdoek toe en laat jou maat bo-op die kat lê of sit, sodat net die kat se kop uitsteek onder jou armholte.
Suig die pil met 'n strooitjie op en forseer die blêrrie kat se bek oop.
Blaas die pil, deur die strooitjie, in die kat se keel af.
9. Lees die pamflet deur, om te sien of die pille skadeloos vir mense is en
drink 'n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry.
Ontsmet jou maat se arm, sit salf op die wond en draai 'n verband om.
Verwyder die bloedvlekke van die vloer.
10. Gaan haal die fokken kat uit die buurman se garage, neem nog n pilletjie
uit die boks en drink nog n bier. Sit jou kat in die klerekas sodat net sy
kop uitsteek. Forseer sy bek oop en skiet die pil met 'n kettie in sy keel
af.
11. Gaan haal die skroewedraaier uit die garage en hang die kasdeur terug op
sy skaniere. Soek die whisky bottel, neem n groot sluk en ontsmet die
krapmerke op jou wange. Maak seker of jou tetanus-inspuiting nog geldig is.
Gooi jou stukkende trui in die drom en gaan trek 'n ou overall aan.
12 Bel die brandweer om die satan-helskat uit die boom uit te kom haal. Vra jou buurman om verskoning vir die taalgebruik en neem die laaste pil uit die dosie.
13. "Tape" beide voorvoete van die tierkat aan mekaar vas met duct tape.
Bind hom stewig aan die poot van die eetkamer-tafel vas met 'n stuk
ankertou.
Trek jou welding-gloves aan, druk die pil in 'n stukkie vleis en gooi n
groot glas vol water. Hou die klein wetter se kop agteroor, gooi die vleis
in, gevolg deur die hele glas water, hou sy bek toe vir 5 minute.
14. Neem die bottle whisky en drink hom leeg. Vra jou maat om jou, so gou
moontlik, by Ongevalle te kry, want jy word al lighoofdig van die
bloedverlies. Laat hulle jou vingers en voor-arm vas werk en die laaste pil
uit jou oog uit verwyder. Bel onderweg vir Hyperama om 'n nuwe
eetkamer-tafel te bestel.
15. Bel ook die SPCA om te reël dat hulle die gemuteerde satanskind van 'n
helkat kom haal en stop by die Petshop om te vra of hulle nie dalk klein
hamsters het nie.
HOE OM 'n HOND 'n PIL TE GEE:
Draai dit in 'n stukkie ham toe.
senorblinky
2nd June 2011, 09:14 AM
HOE OM JOU KATJIE 'N PILLETJIE TE GEE (Die nuwe gekruide weergawe)
'N KORT HANDLEIDING IN 15 STAPPE: HOE OM JOU KATJIE 'N PILLETJIE TE GEE:
1. Plaas jou katjie in die buig van jou arm asof jy 'n klein baba vashou.
Sit jou regter wysvinger en duim aan beide kant van sy snoetjie en oefen
versigtig druk uit, terwyl jy die pil in die ander hand gereed hou.
Sodra jou katjie sy bekkie oop maak, gooi die pil in en gee die katjie die
geleentheid om dit af te sluk.
2. Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit.
Plaas die katjie weer in die ronding van jou arm en herhaal die proses.
3. Gaan haal die blêrrie kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die
drom.
4. Neem 'n nuwe pil uit die dosie, plaas weer die kat in jou arm, terwyl jy
beide voorpote stewig vashou. Forseer sy kake oop en druk die pil binne in
sy mond met jou regter wysvinger. Hou die kat se bek vir ten minste 10
tellings toe.
5. Haal die pil uit die visdam met die klein netjie en gaan haal die mal kat
bo van die kas af. Roep nou jou maat uit die tuin uit om jou te kom help.
6. Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou knieë vas, neem sy
pootjies in 'n baie stewige greep, ignoreer die harde gegrom. Laat jou maat
die kat se kop ferm vashou en dwing sy bek oop met 'n hout liniaal.
Gooi die pil via die liniaal in sy bek in en vryf jou kat se keel om sy
slukproses aan te moedig.
7. Haal die befokte kat van die gordyn-reling af en neem nog 'n pil uit die
dosie uit. Maak 'n aantekening om 'n nuwe liniaal te koop en ook om die
gordyne te laat regmaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies
en potte op sodat jy dit later kan weggooi.
8. Draai die blasende kat in 'n groot handdoek toe en laat jou maat bo-op die kat lê of sit, sodat net die kat se kop uitsteek onder jou armholte.
Suig die pil met 'n strooitjie op en forseer die blêrrie kat se bek oop.
Blaas die pil, deur die strooitjie, in die kat se keel af.
9. Lees die pamflet deur, om te sien of die pille skadeloos vir mense is en
drink 'n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry.
Ontsmet jou maat se arm, sit salf op die wond en draai 'n verband om.
Verwyder die bloedvlekke van die vloer.
10. Gaan haal die fokken kat uit die buurman se garage, neem nog n pilletjie
uit die boks en drink nog n bier. Sit jou kat in die klerekas sodat net sy
kop uitsteek. Forseer sy bek oop en skiet die pil met 'n kettie in sy keel
af.
11. Gaan haal die skroewedraaier uit die garage en hang die kasdeur terug op
sy skaniere. Soek die whisky bottel, neem n groot sluk en ontsmet die
krapmerke op jou wange. Maak seker of jou tetanus-inspuiting nog geldig is.
Gooi jou stukkende trui in die drom en gaan trek 'n ou overall aan.
12 Bel die brandweer om die satan-helskat uit die boom uit te kom haal. Vra jou buurman om verskoning vir die taalgebruik en neem die laaste pil uit die dosie.
13. "Tape" beide voorvoete van die tierkat aan mekaar vas met duct tape.
Bind hom stewig aan die poot van die eetkamer-tafel vas met 'n stuk
ankertou.
Trek jou welding-gloves aan, druk die pil in 'n stukkie vleis en gooi n
groot glas vol water. Hou die klein wetter se kop agteroor, gooi die vleis
in, gevolg deur die hele glas water, hou sy bek toe vir 5 minute.
14. Neem die bottle whisky en drink hom leeg. Vra jou maat om jou, so gou
moontlik, by Ongevalle te kry, want jy word al lighoofdig van die
bloedverlies. Laat hulle jou vingers en voor-arm vas werk en die laaste pil
uit jou oog uit verwyder. Bel onderweg vir Hyperama om 'n nuwe
eetkamer-tafel te bestel.
15. Bel ook die SPCA om te reël dat hulle die gemuteerde satanskind van 'n
helkat kom haal en stop by die Petshop om te vra of hulle nie dalk klein
hamsters het nie.
HOE OM 'n HOND 'n PIL TE GEE:
Draai dit in 'n stukkie ham toe.
Uitstekend, dit besvestig net weereens dat ek 'n hondemens is :D
Badapple
2nd June 2011, 09:30 AM
HOE OM JOU KATJIE 'N PILLETJIE TE GEE (Die nuwe gekruide weergawe)
'N KORT HANDLEIDING IN 15 STAPPE: HOE OM JOU KATJIE 'N PILLETJIE TE GEE:
1. Plaas jou katjie in die buig van jou arm asof jy 'n klein baba vashou.
Sit jou regter wysvinger en duim aan beide kant van sy snoetjie en oefen
versigtig druk uit, terwyl jy die pil in die ander hand gereed hou.
Sodra jou katjie sy bekkie oop maak, gooi die pil in en gee die katjie die
geleentheid om dit af te sluk.
2. Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit.
Plaas die katjie weer in die ronding van jou arm en herhaal die proses.
3. Gaan haal die blêrrie kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die
drom.
4. Neem 'n nuwe pil uit die dosie, plaas weer die kat in jou arm, terwyl jy
beide voorpote stewig vashou. Forseer sy kake oop en druk die pil binne in
sy mond met jou regter wysvinger. Hou die kat se bek vir ten minste 10
tellings toe.
5. Haal die pil uit die visdam met die klein netjie en gaan haal die mal kat
bo van die kas af. Roep nou jou maat uit die tuin uit om jou te kom help.
6. Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou knieë vas, neem sy
pootjies in 'n baie stewige greep, ignoreer die harde gegrom. Laat jou maat
die kat se kop ferm vashou en dwing sy bek oop met 'n hout liniaal.
Gooi die pil via die liniaal in sy bek in en vryf jou kat se keel om sy
slukproses aan te moedig.
7. Haal die befokte kat van die gordyn-reling af en neem nog 'n pil uit die
dosie uit. Maak 'n aantekening om 'n nuwe liniaal te koop en ook om die
gordyne te laat regmaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies
en potte op sodat jy dit later kan weggooi.
8. Draai die blasende kat in 'n groot handdoek toe en laat jou maat bo-op die kat lê of sit, sodat net die kat se kop uitsteek onder jou armholte.
Suig die pil met 'n strooitjie op en forseer die blêrrie kat se bek oop.
Blaas die pil, deur die strooitjie, in die kat se keel af.
9. Lees die pamflet deur, om te sien of die pille skadeloos vir mense is en
drink 'n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry.
Ontsmet jou maat se arm, sit salf op die wond en draai 'n verband om.
Verwyder die bloedvlekke van die vloer.
10. Gaan haal die fokken kat uit die buurman se garage, neem nog n pilletjie
uit die boks en drink nog n bier. Sit jou kat in die klerekas sodat net sy
kop uitsteek. Forseer sy bek oop en skiet die pil met 'n kettie in sy keel
af.
11. Gaan haal die skroewedraaier uit die garage en hang die kasdeur terug op
sy skaniere. Soek die whisky bottel, neem n groot sluk en ontsmet die
krapmerke op jou wange. Maak seker of jou tetanus-inspuiting nog geldig is.
Gooi jou stukkende trui in die drom en gaan trek 'n ou overall aan.
12 Bel die brandweer om die satan-helskat uit die boom uit te kom haal. Vra jou buurman om verskoning vir die taalgebruik en neem die laaste pil uit die dosie.
13. "Tape" beide voorvoete van die tierkat aan mekaar vas met duct tape.
Bind hom stewig aan die poot van die eetkamer-tafel vas met 'n stuk
ankertou.
Trek jou welding-gloves aan, druk die pil in 'n stukkie vleis en gooi n
groot glas vol water. Hou die klein wetter se kop agteroor, gooi die vleis
in, gevolg deur die hele glas water, hou sy bek toe vir 5 minute.
14. Neem die bottle whisky en drink hom leeg. Vra jou maat om jou, so gou
moontlik, by Ongevalle te kry, want jy word al lighoofdig van die
bloedverlies. Laat hulle jou vingers en voor-arm vas werk en die laaste pil
uit jou oog uit verwyder. Bel onderweg vir Hyperama om 'n nuwe
eetkamer-tafel te bestel.
15. Bel ook die SPCA om te reël dat hulle die gemuteerde satanskind van 'n
helkat kom haal en stop by die Petshop om te vra of hulle nie dalk klein
hamsters het nie.
HOE OM 'n HOND 'n PIL TE GEE:
Draai dit in 'n stukkie ham toe.
:rofl: rep :cake: for Nits :D
Ga5can
3rd June 2011, 09:52 AM
Die ergste is ... as jy mooi gelees het op die dosie, dan sou jy gesien het dit is eintlik 'n "suppository" vir jou KAT :D
Nitty
3rd June 2011, 10:11 AM
Die ergste is ... as jy mooi gelees het op die dosie, dan sou jy gesien het dit is eintlik 'n "suppository" vir jou KAT :D
Praat jy uit ondervinding? :psycho:
Ga5can
3rd June 2011, 10:57 AM
Praat jy uit ondervinding? :psycho:
Nope, ek vat hulle veearts toe. Snaaks genoeg, die veearts gee ALTYD inspytings voordat sy begin kyk na pilletjies.
Thumponius
3rd June 2011, 11:07 AM
Want hulle is nie dom nie.
Nitty
3rd June 2011, 11:54 AM
Nope, ek vat hulle veearts toe. Snaaks genoeg, die veearts gee ALTYD inspytings voordat sy begin kyk na pilletjies.
Want hulle weet hulle gaan spyt wees as hulle dit op die ander manier doen :wink:
Nitty
16th August 2011, 09:33 AM
Soos meeste getroude mans weet, is die skoner geslag se koppe skynbaar nie aldag lekker opgeskroef nie. Ons aanvaar hulle raak soms emosioneel vir enige strooi. Daar is selfs 'n boek, "Men are from Mars - Women are from Venus", wat veronderstel is om mans te help om vrouens te verstaan. Die probleem is egter dat mans nooit HANDLEIDINGS soos diè gaan lees nie.
'n Man het nie 'n boek nodig om 'n TV in te stel nie, en hy het ook nie 'n boek nodig om vir hom te sê hoekom 'n vrou se kop raas nie. Dit is soos die son en die maan, dit gebeur daagliks en ons aanvaar dit maar so..... Soos my storie hieronder:
Nou kyk my Namakwa kaktussie is eintlik 'n baie selfstandige vrou, en ek hoef haar nie meer as eenkeer 'n maand aan te vat nie. Maar verlede Vrydag het sy besluit dit is tyd om daardie "two stroke" motor in haar kop te "start", en glo my so 'n "two stroke" kan raas.
Dit was weer 'n Vrydagmiddag en ons was laat vir 'n Smousbraai! Ek was egter net laat want die braai het vieruur begin, en ek was eers sesuur genooi. As ek dalk Nostradames of Siener van Rensburg as vak gehad het op skool, sou ek geweet het van die braai en hoe laat dit begin het. Maar ek het net aardrykskunde en wiskunde gehad, so al wat ek weet, is hoe om daar te kom, en hoeveel om saam te neem.
Elkgeval, so in die aantrek, kry ek nie my sokkie nie, en ek maak my eerste fout van die aand.
Ek vra vir 'mamma' waar is my sokkie? Ek dink dit was 'n geldige vraag, want sy was immers die persoon wat dit laaste gehad het, sy het dit gewas, opgehang en van die wasgoeddraad afgehaal. Maar nee, toe nie 'n goeie vraag nie, want ek kry toe so die wit-van-die-oog (dit is soos 'n baie vuil kyk) en 'n sarkastiese antwoord dat sy nie my sokkies dra nie! Nou @#$%, ek WEET sy dra nie my sokkies nie, en DIT was nie my vraag nie! Ek wou weet of sy weet waar dit is, want sy het dit laaste gehad. Maar om 'n pak slae te vermy, het ek maar stilgebly en self begin soek.
Nou 'mamma' hou nie van laat wees nie. So, wat sy maak is, sy gaan sit in die kar en wag met die "casserole" op die skoot en 'n halwe bottel rooiwyn (waaraan sy al vanaf vyfuur teug) tussen die voete. Intussen hop ek in die huis rond op soek na my sokkie se maat. Dit was nie lank nie toe is mamma terug in die huis en wil weet hoekom ek so draai? Ek verduidelik dat ek nie my sokkie kry nie en ek maak toe my tweede fout, en noem dit is omdat die huis deurmekaar is. Oooo henetjie!! Was dit nie 'n fout nie! Daardie kaktussie begin toe sulke dorings uitslaan en dorings laat haar harder praat. Sy blameer toe my varksugtigheid en dat dit eintlik my skuld is dat die huis so lyk. Net daar maak ek my derde fout, en wys vir haar alles wat rondlê en dui ook op die feit dit is haar plakkies in die hoek, dit is haar glas op die koffie tafel, dit is haar bord op die kombuistoonbank, dit is haar trui op die sitkamerbank, dit is haar handsak in die gang.
Toe besef ek, nou is ek eers ge%#$%......... want ek was reg. Jy ken daardie gevoel? Jy dink jy het gewen, want jy het haar verkeerd bewys, maar eintlik het jy sopas jouself in die asblik gegooi.
Ek kry toe weer daardie stywelip en besluit @#$% die sokkie, en trek 'n paar plakkies aan. Nou op pad in die kar kan ek sien Kaktussie wil baklei, maar sy weet net nie hoe om te begin nie. Sy moet mos nou die storie so draai dat dit my skuld is. Vra toe of ek dink sy is 'n skoonmaker? Ek weet toe wat ek ookal sê, gaan verkeerd wees en ek sê toe maar net ek is lief vir haar en ek wil nie baklei nie. Maar praat wil sy praat. Hulle gaan mos so deur die trappe van vergelyking daardie tyd. Die gunsteling een is .....Ek is nie jou ma nie, daarna, ek is nie jou bediende nie, en dan ten laaste sê hulle jy moet van nou af jou eie wasgoed was. Maar ek was rustig, het nie teëgepraat nie, want my kombuisvloer-moer was nog vars in my gedagtes.
Maar so aangekom by die Smous, is daar niks fout nie. Die glimlag word weer opgesit en mamma en pappa is lief vir mekaar. In die kombuis vertel sy egter vir die vrouens hoe DEUR die dinges ek is, en in die kroeg vertel ek vir die manne hoe IN die dinges ek is. Die aand was egter 'n sukses, die "two stroke" se olie het opgeraak en die koppie het opgehou raas en mamma was weer normaal.
Ook net totdat ons by die huis kom, en ek sluit die voordeur oop. Toe ek daardie sleutel draai, is dit asof ek daardie "two stroke" weer "opstart", maar in plaas van olie, is hy nou vol rooiwyn en nou raas hy eers.
Ek dog ek klim nog so in die kooi, en lê my kop neer vir 'n goeie nagrus, toe hoor ek iemand breek die skottelgoed. Ek skrik so groot ek draai om om haar wakker te maak, en sê iemand breek haar borde, maar sy is nie daar nie. Ek gaan stel ondersoek in, en daar staan my kaktussie, tweeuur in die oggend besig met die skottelgoed. Sy was hom nie normaal nie, sy was hom so met klinkende simbale, aspris so hard dat ek nie kan mis sy was skottelgoed nie. Ek het nog probeer mooi praat en soebat dat sy moet kom lê, want pappa is mos nou nog so effe lus ook na 'n braai, maar nee mamma is op 'n "mission".
Man, ek het net ingesluimer toe "start" sy daardie Elektrolux op. Ek kry so 'n koue rilling wat my gevreet op 'n plooi laat trek, toe ek wakker skrik. Weet jy hoe klink 'n stofsuier drie-uur die oggend, as jy winddronk is?
Nou word daar gesuig, ek word mos nou gestraf! Gelukkig het ek later my bewussyn verloor, en kon ek verder slaap. Ek weet nie wanneer daardie koppie ophou raas het nie, maar toe ek wakker word die volgende oggend, lê mamma langs my, nog ewe met haar geel rubberhandskoene aan.
Ek moet bieg, die huis was silwerskoon die volgende dag, maar my sokkie is nog steeds weg. Ek dink ek het dit by die "gym" verloor, maar dit is tussen ons, en my vrou hoef dit nie te weet nie.
Gypsy
16th August 2011, 01:34 PM
Nitty that is brilliant:rofl::rofl::rofl::rofl:
WingNut
16th August 2011, 05:58 PM
Klink of daai ou bietjie daai 2stroke moet choke wat so raserig is, dink nie sy fuel/air mix is reg nie. :gno:
Stool
17th October 2011, 07:32 PM
Die jong getroude knaap sè vir sy pragtige vroutjie:
Jou sexy ding, kamer toe is jy!
Sy kyk hom diep in die oe, giggel en se: "O ne, jou ou stoute kabouter."
Hy: "Nee ernstig, die rugby gaan begin - so fo##$f nou."
WingNut
17th October 2011, 08:54 PM
Die een blondine kla by haar brunette vriendin: "Ek het hierdie vreeslike oulike ou ontmoet, maar vir een of ander rede ek sukkel om sy naam te onthou!"
Vriendin vra: "So wat is sy naam?"
Blondine dink so paar oomblikke, probeer hard onthou, en uiteindelik onthou sy: "Theunis! Sy naam is Theunis... maar elke keer as ek hom sien vergeet ek dit!"
Bunette se: "Ah dis maklik man, onthou net; Theunis rym met penis, en jy sal nooit weer sy naam vergeet nie."
Blondine is baie dankbaar en verwonder haar oor die slim manier om die kalant se naam te onthou.
Paar dae later kom ou Theunis om haar vir 'n date op te laai.
Hy klop aan die deur, blondine maak oop, gee haar mooiste glimlag en sê (baie trots op haarself): "Hallo Giel!"
Powered by vBulletin® Version 4.1.11 Copyright © 2012 vBulletin Solutions, Inc. All rights reserved.